Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Johannesburg 1997 " deur FERDI GREYLING
" Johannesburg 1997 " deur FERDI GREYLING [boodskap #55876] Ma, 21 Januarie 2002 16:29
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

JOHANNESBURG, 1997

Honderd jaar gelede
skiet Bezuidenhout
die laaste leeu in Johannesburg.

In die koppies
waar die Sterrewag nou staan
het hy bruin en fel
op die grond geval en doodgebloei.

Snags hoor 'n mens die stad
- en oggende vroeg -
soos iets wat in die verte grom.
Vorige onderwerp: Uit " Periandros van Korinthe " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: Grooot Verseboek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 19:47:58 MGT 2024